VERNUWENDE ASPEKTE VAN DIE AFRICAN PRINCIPLES ON THE LAWAPPLICABLE TO INTERNATIONAL COMMERCIAL CONTRACTS

被引:0
|
作者
Neels, Jan L. [1 ,2 ]
机构
[1] Univ Johannesburg, Private Int Law, Johannesburg, South Africa
[2] Univ Johannesburg, Res Ctr Private Int Law Emerging Countries, Johannesburg, South Africa
关键词
D O I
10.47348/TSAR/2024/i2a3
中图分类号
D9 [法律]; DF [法律];
学科分类号
0301 ;
摘要
Die voorgestelde African Principles on the Law Applicable to International Commercial Contracts is vernaamlik gebaseer op die Rome IRegulation on the Law Applicable to Contractual Obligations en die Hague Principles on Choice of Law in International Commercial Contracts. Hierdie bydrae bespreek egter die oorspronklike en vernuwende aspekte van die African Principles ("die Afrika-Beginsels"). Sowel gedeeltelike as veelvuldige regskeuse word in die Afrika-Beginsels, benewens op sekere dele van die kontrak, ook van toepassing gemaak op verskillende aspekte van 'n kontrak (bv bepalings insake monet & ecirc;re eenheid of indemniteit). Die keuse van regsre & euml;ls wat nie op staatlike soewereiniteit gebaseer is nie, word slegs toegelaat met betrekking tot sekere omskrewe instrumente op die regionale, supranasionale en internasionale vlak. Die Afrika-Beginsels maak ook uitdruklik voorsiening vir die inkorporasie van nie-staatlike regsre & euml;ls deur middel van voldoening aan die vereistes daarvoor van die reg wat op die kontrak van toepassing is. Die Afrika-Beginsels stel streng vereistes vir stilswyende regskeuse, onder meer dat die keuse baie duidelik moet blyk uit die bepalings van die kontrak of die besondere omstandighede van die geval. Daar word bepaal dat die jurisdiksionele keuse van 'n hof of gelokaliseerde arbitrasietribunaal nie genoegsaam is vir die aanname van 'n stilswyende regskeuse nie maar dat dit wel 'n rol in die verband mag speel. Die Afrika-Beginsels stel voor dat konflikterende regskeuseklousules in standaardbedinge mekaar uitsluit, in elk geval as uitdruklike regskeuse. Die Afrika-Beginsels bevat 'n aantal bepalings waaronder die substantiewe reg 'n selfstandige rol mag speel binne internasionaal-privaatregtelike verhoudings, en wel met verwysing na sekere internasionale instrumente. Die Afrika-Beginsels inkorporeer artikel 5 van die Haagse Beginsels binne 'n wye alternatiewe aanwysingsre & euml;l vir formele geldigheid, wat ge & iuml;nspireer is deur 'n verskeidenheid van modelle. Die Afrika-Beginsels maak voorsiening vir 'n meer presiese omskrywing van die lex loci solutionis as wat gebruiklik is in die verband van voorrangre & euml;ls. Dit verskaf ook 'n voorstel vir die oplossing van die probleem van die toepassing van derdelandsreg benewens die lex loci solutionis. Die Afrika-Beginsels inkorporeer in die internasionale kontraktereg twee beginsels insake bestraffende skadevergoeding uit die reg insake die erkenning en afdwinging van buitelandse vonnisse. Daar word aan die hand gedoen dat die formulerings in die Afrika-Beginsels gebruik kan word in toekomstige projekte vir die kodifikasie van internasionaal-privaatregtelike re & euml;ls insake kontrakte, nie slegs in Afrika nie, maar ook daarbuite.
引用
收藏
页码:247 / 257
页数:11
相关论文
共 50 条